fbpx

Bo-Karoo Opleiding

BKO_Website(Uitsave)-11
BKO_Website(Uitsave)-11

Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn goed gestruktureerde landelike omgewing te verwerf. Hier verwerf studente nie net ʼn kwalifikasie nie, hulle word gevorm om as roepinggedrewe volwassenes die arbeidsmark te betree - stewig gegrond in hulle geloof en kultuur, op pad na ʼn nuwe môre.

Studenteverblyf

Bo-Karoo Opleiding beskik oor twee koshuise, nl. Die Duiker en Steenbok Herberg. Planne is reeds ver gevorder vir die oprigting van twee nuwe koshuise.

Daar is ook verskeie opsies vir studente wat wil gebruik maak van privaat verblyf. Dié studente word betrek by Heldehuis, BKO se daghuis.

Studentelewe

‘n Gesonde studentelewe is die kern, die hartklop van enige opleidingsinstansie. By Bo-Karoo Opleiding is studente nie net ‘n getal nie. Opleiding is belangrik en opvoeding loop hand aan hand met akademie. Daar word gesê dat dit ‘n gemeenskap vat om ‘n kind groot te maak en by BKO is dit presies so.

Ons kampus het nie heinings nie, dit is deel van die dorp en ons studente is deel van die Orania gemeenskap.