Wie is Bo-Karoo Opleiding?

Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn goedgestruktureerde landelike omgewing te verwerf. Hier verwerf studente nie net ʼn kwalifikasie nie, hulle word gevorm om as roepinggedrewe volwassenes die arbeidsmark te betree.

Stewig gegrond in hulle geloof en kultuur op pad na ʼn nuwe môre.

Voltydse kursusse

Bou en Siviele Konstruksie

Loodgieter

Elektries

Gemeenskaps-versorging

Bo-Karoo Opleiding bied verskeie kortkursusse deur die jaar aan ter uitbreiding van die studente se vaardighede en kennis.

Bo-Karoo Opleiding het tans twee koshuise nl. Die Duiker en Steenbok Herberg. Planne is reeds beraam vir die oprigting van ‘n derde koshuis.