Aansoek om handelsmerkontwikkeling
Die vorm dien as aansoek om ʼn ondersteunende handelsmerk vir ʼn inisiatief, vereniging of aksie te ontwikkel. Die aansoek waarborg nie dat ʼn handelsmerk ontwikkel mag word nie. Amptelike prosesse word gevolg om sodanig die aansoek op ʼn strategiese wyse te evalueer en indien goedkeuring verskaf word, die handelsmerk te ontwerp.
Neem asb. kennis:
- Die vorm dien slegs as aansoek om ontwerp van ʼn bykomende handelsmerk vir een van Bo-Karoo se verenigings, koshuise en ander inisiatiewe. Die Kommunikasiekomitee (besturende direkteur, bedryfshoof en Bestuurder: Kommunikasie) sal diskresie gebruik oor of ʼn bykomende handelsmerk wel ontwikkel mag word.
- Die Kommunikasiekomitee sal die finale goedkeurings van enige nuwe handelsmerke hanteer.
- Bykomende handelsmerke en toepassings daarvan word in die KI-dokument vasgelê en moet sodanig toegepas word.
- Soos altyd, moet ontwerpe en goedkeurings, soos bepaal deur die kommunikasieriglynedokument, deur die Kommunikasiekantoor via die kaartjiestelsel hanteer word.
- Ingeval van enige vrae, kan ʼn e-pos gestuur word aan marike.bko@outlook.com