fbpx

Bo-Karoo Opleiding

Bemarking- en openbare betrekkinge (B.O.B) komiteevorm

BKO wil met sy daaglikse take sowel as groter byeenkomste en funksies die beste blootstelling na die publiek uitstuur om nie net huidige studente en belangstellendes ingelig te hou nie maar dit te gebruik as bemarking vir toekomstige studente. Hierdie komitee het dus ‘n groot taak om BKO te help uitbou. Die B.O.B komitee werk saam met die Bemarking- en Studentesake kantoor om dit wat BKO doen na buite te kommunikeer. Daar sal ook gereeld kennis met studente gedeel word deur kenners uit die dorp wat soortgelyke verantwoordelikhede dra. Daar sal van hierdie komitee verwag word om BKO te praat en doen en om betrokke te wees by byeenkomste en funksies. Daar is geen beter bemarking as ‘n student wat trots is op die instansie waar hy/sy studeer nie. As jy trots is op BKO en wil help om sy storie te vertel nooi ons jou hartlik uit om aansoeke te doen vir hierdie komitee.

Opsomming van pligte maar nie beperk tot:
1. As ambassadeurs op te tree vir BKO in alledaagse lewe en spesifieke geleenthede: M.a.w soos ‘n “Influencer”
2. Die bemarkingsafdeling by te staan met:
2.1 Ontwerpe
2.2 Werwing
- Studente na BKO verwys
- Verwys ‘n student onder studente bemark en aanmoedig
- Stalletjie dae
- Skoolbesoeke
2.3 Sosiale media plasings
- Inhoud generering oor die algemeen
- Plasings tydens funksies/byeenkomste veral “stories”
- Wysig whatsapp statusse vir bemarking van spesifieke byeenkoms/geleentheid
2.4 Woordvoerderwerk
- Radio onderhoude en beplanning
- Lei Maandae opening
2.5 Foto-/Videografie
- Spesifieke videos van studente vir bemarking
- Die neem van fotos en videos by funksies/byeenkomste

Vaardighede wat jou sal help om take te verrig:
- Kan goed beplan en reëlings tref
- Weet of is bereid om te leer hoe Canva werk
- Het ‘n aanvoeling van hoe om goeie fotos/videos te neem
- Hou van sosiale media
- Goeie kommunikasievaardighede
- Hou van sosialiseer en bande bou
- Trots op BKO