fbpx

Bo-Karoo Opleiding

Bou- en Siviele Konstruksie

Hierdie geakkrediteerde kwalifikasie fokus op alle fasette van die boubedryf.

Kwalifikasie

Bricklayer NQF Level 4 SAQA ID 93627

Toelatingsvereistes

Graad 10-kwalifikasie

Minimum ouderdom van 17 jaar

Goeie fisiese gesondheid

Modules

Lees en interpretasie van bouplanne

Messel- en pleisterwerk

Teël en plaveisel

Oprigting van dakke

Bestuur van konstruksiehulpbronne

Beroepsveiligheid

En nog meer...

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese, praktiesewerkswinkel- en werkgebaseerde opleiding, wat mekaar oor 'n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:30 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente dus in Orania wees, waarná hulle hul werkgebaseerde opleidingsblokke landswyd by enige geregistreerde kontrakteur kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Waneer die sudent al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

Vaardighede wat jy sal ontwikkel

Hierdie kwalifikasie stel studente in staat om:

- die terrein, materiaal, gereedskap en toerusting vir die lê van stene te beplan en daarvoor voor te berei;
- bakstene te lê;
- substrukture en superstrukture te herstel en/of veranderings aan aan te bring;
- messelwerkafwerkings uit te voer;
- boumateriaal hoeveelhede te bepaal en te bestel;
- die vereiste gereedskap en toerusting te identifiseer, veilig te gebruik en te onderhou;
- die arbeid, toerusting en materiaalhulpbronne van ’n konstruksieprojek te bestuur.

Studiekoste vir 2024

Die registrasiefooi vir eerstejaars vir die jaar is R2 500.

Die totale studiekoste vir eerstejaars vir die jaar is R44 750.

Die totale studiekoste vir tweedejaars vir die jaar is R44 750.

Registrasie en verblyfreg

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Toelatingsvereistes

Registrasiefooi

Toelatingstoets

Verblyfreg tot Orania