Gemeenskaps-versorging
- Tuisversorging
- Kleuterskole
- Dagsorgsentrums
- Ouetehuise
- Hospitale
- Sub-akute fasiliteite
Die SETA geakkrediteerde kursus se 145 krediete fokus op die volgende leerareas:
- Etiesebeginsels en professionele praktyk, gekombineer met basiese menslike behoeftes
- Anatomie en fisiologie gekombineer met menslike fisiese en psigiese ontwikkeling
- Persoonlike higiëne, mikrobiologie en veiligheidsvoorsorgmaatreëls asook voorkoming van verspreiding van siektes
- Voeding en babavoeding
- Basiese pasiëntsorg en praktiese prosedures
- Primêre gesondheidsorg
- Basiese eerstehulp
Addisionele nie-krediet draende kursusse:
Om studente vir die beroepswêreld voor te berei, sal daar van studente verwag word om ook ‘n aantal addisionele kursusse te deurloop. Van hierdie kursusse is ekstern geakkrediteer terwyl studente vir ander weer intern erkenning sal ontvang.
- Etiese (Bybelse) Begronding en Werksetiek (VCHO sertifikaat)
- Afrondingskursus vir professionele optrede in die werksplek
- Noodhulp vlak I, II en III (Nasionaal geakkrediteerde noodhulp sertifikaat)
- Wond- en Voetsorg kursus
- Generiese Bestuur (Geakkrediteerde S-leer kursus)
Die kursus duur ‘n jaar wat verdeel word in 16 weke prakties en 21 weke teorie en eksamen en die res is vakansie. Die student sal hulle prakties in Orania doen onder toesig van ‘n geregistreerde verpleegkundige, ‘n kleuterskool onderwysers en ‘n maatskaplike werker soos van toepassing by die werkplek. Die praktiese opleiding word vier blokke van ‘n maand elk gedoen.
Die toelatingsvereistes is as volg:
- Graad 12 geslaag
- Goeie fisiese gesondheid
- Hoë morele waardes
- Goeie werksetiek
- Roeping om ander te help