Koshuisverblyf

Die Duiker

Die Duiker

Bo-Karoo Opleiding se splinternuwe koshuis, Die Duiker, is einde 2019 klaar gebou en is stapafstand van die opleidingsentrum geleƫ.

Die koshuis bestaan uit 8 woonstelle, waar drie studente ‘n woonstel deel wat beskik oor ‘n badkamer en ‘n kombuis. Hierdie woonstelle is bo-op kantoorspasies gebou.

Steenbok Herberg

Die Steenbok Herberg is geleƫ by die Orania Sportgronde en reg langsaan die gemeenskapswembad. Hierdie gebou is gebou deur die eerste afstuderendes van Bo-Karoo Opleiding.

Die koshuis bestaan uit 24 kamers, waarvan daar tussen twee en vier studente saam in ‘n kamer kan bly. Die koshuis beskik oor volledige kombuis- en badkamergeriewe.

Nuwe koshuise

Planne is reeds ver gevorder vir die oprigting van twee nuwe koshuise.

Kontak ons gerus by 061 768 1852 of admin@bokarooopleiding.co.za vir meer inligting rondom die koshuise.