BKO streef daarna om vir ons studente soveel moontlik blootstelling en geleenthede te bied om te sosialiseer met ander studente asook inwoners van Orania. Dit is ook vir BKO belangrik dat sosiale aksies ‘n kulturele grondslag het. Die kultuur en sosiale komitee werk saam met die Sudentesake kantoor om funksies en byeenkomste te reël waar studente binne ‘n gesonde omgewing kan sosialiseer en ons Afrikanerkultuur uitleef. BKO streef ook daarna om ons Afrikaner kultuur en erfenis te bewaar. Daar sal dus van hierdie komitee verwag word om die leiding te neem met BKO se betrokkenheid by Orania se openbare/kulturele vakansiedae en in die verband te skakel met verskeie rolspelers in die dorp. Om soveel moontlik deelname te kry is dit noodsaaklik om ons hande sterk te maak uit die studente gemeenskap. Daarom nooi ons jou uit om aansoek te doen om op die kultuur en sosiale komitee te dien.
Opsomming van pligte maar nie beperk tot:
1. Neem leiding met die beplanning, organisering en aanbied van kultuur- en sosiale funksies en byeenkomste m.b.v die Studentesake kantoor
2. Dien as kommunikasie lid om bogenoemde inligting deur te gee tussen die koshuis, Studentesake, verskeie ander rolspelers
3. Skakel met rolspelers in die dorp wat soortgelyke verantwoordelikheid neem vir sosiale- en kulturele funksies. Bv Oker.
4. Verantwoordelik vir die werwing en inskryf van betrokke koshuis vir byeenkomste
Vaardighede wat jou sal help om take te verrig:
- Kan goed beplan en reëlings tref
- Goeie kommunikasievaardighede
- Hou van sosialiseer en bande bou
- Liefde vir Afrikanerkultuur en erfenis