fbpx

Bo-Karoo Opleiding

Loodgieter

Hierdie geakkrediteerde kwalifikasie fokus op alle fasette van die loodgieterbedryf.

Kwalifikasie

Plumber NQF Level 4 SAQA ID 91782

Modules

Lees en interpretasie van bouplanne

Beroepsveiligheid

Bouregulasies

Dienste en aansluitings

Installering van alle sanitêre geriewe

Pypwerk

Riolering

Plaatmetaalwerk (byvoorbeeld geute/voegskorting)

En nog meer...

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese, praktiesewerkswinkel- en werkgebaseerde opleiding, wat mekaar oor 'n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:30 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente dus in Orania wees, waarná hulle hul werkgebaseerde opleidingsblokke landswyd by enige geregistreerde loodgieter kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Waneer die sudent al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

Toelatingsvereistes

Graad 12-kwalifikasie

Goeie fisiese gesondheid

Vaardighede wat jy sal ontwikkel

Hierdie kwalifikasie stel studente in staat om:

- ventilasiestelsels en sanitêrewaretoestelle te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- ondergrondse dreineringstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel, asook om basiese bouwerk te doen;
- koue- en warmwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- reënwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel.

Registrasie en verblyfreg

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Toelatingsvereistes

Registrasiefooi

Toelatingstoets

Verblyfreg tot Orania

Studiekoste vir 2024

Studiekoste vir 2024

Die registrasiefooi vir eerstejaars vir die jaar is R2 500.

Die totale studiekoste vir eerstejaars vir die jaar is R49 500.

Die totale studiekoste vir tweedejaars vir die jaar is R49 500.