fbpx

Bo-Karoo Opleiding

Sportkomitee

BKO streef daarna om vir ons studente soveel moontlik blootstelling en geleenthede te bied in verskeie sportsoorte. Dit doen ons in samewerking met die Gemsbok Sportinstituut uit die Sudentesake kantoor. Om soveel moontlik deelname te kry is dit noodsaaklik om ons hande sterk te maak uit die studente gemeenskap. Daarom nooi ons jou uit om aansoek te doen om op die sportkomitee te dien.

 

Opsomming van pligte maar nie beperk tot:

  1. Staan Gemsbok Sportinstituut by met beplanning, reëlings en uitvoer van byeenkomste
  2. Dien as kommunikasie lid om inligting deur te gee tussen die koshuis, Studentesake en Sportinstituut
  3. Verantwoordelik vir die werwing en inskryf van betrokke koshuis vir byeenkomste

 

Vaardighede wat jou sal help om take te verrig:

  • Kan goed beplan en reëlings tref
  • Goeie kommunikasievaardighede