Studenteverblyf
Bo-Karoo Opleiding beskik oor drie koshuise, nl. Duiker, Olienhout en Steenbok. Planne is reeds ver gevorder vir die oprigting van twee nuwe koshuise. Slegs persone van 23 jaar en jonger kan aansoek doen vir koshuisverblyf.

Duiker
KOSHUIS
Die Duiker is einde 2019 klaar gebou en is stapafstand van die opleidingsentrum geleë. Die koshuis bestaan uit agt woonstelle met ‘n badkamer en ‘n kombuis, wat elk drie studente kan huisves. Hierdie woonstelle is bo-op ‘n kantoorkompleks gebou. Die verblyfkoste vir 2024 beloop R24 000 (krag uitgesluit).

Nuwe koshuis
KOSHUIS
Die nuut geboude wooneenhede, wat tans bekend staan as Olienhout, gaan vanaf 2024 aangewend word as tydelike studenteverblyf. Die wooneenhede beskik oor drie kamers wat elk 4-6 studente kan huisves, 'n gemeenskaplike kombuis, leefarea en badkamergeriewe.
Ons is in die proses om 'n veldtog te loods om die gemeenskap se insette te kry om 'n nuwe koshuisnaam te kies waarop ons studente tradisies en 'n koshuiskultuur kan vestig en voortbou.
Die verblyfkoste vir 2024 beloop R24 000 (krag uitgesluit).

Steenbok
KOSHUIS
Die Steenbok Herberg is naby die Orania-sportgronde en reg langs die gemeenskapswembad geleë. Hierdie koshuis is deur die eerste groep afstuderende studente van Bo-Karoo Opleiding gebou. Die koshuis bestaan uit 24 kamers waarin twee tot vier studente saam in ‘n kamer kan bly. Die koshuis beskik oor volledige kombuis- en badkamergeriewe. Die verblyfkoste vir 2024 beloop R23 000 (krag ingesluit).
